2018- VOORSPELLINGS

Die eerste fietse met 30 duim wiele kom uit en 29er pryse drop vinniger as die SA Rand nadat Nkosana president word. Jy kan jou nuwe Specialized of ‘n Epic entry met Bitcoin koop. Erik Kleinhans wen die eerste Gravel Bike World Champs wat obviously in die Karoo gehou word, met Jan Braai in tweede plek. Mark Cavendish werk vir Louis Meintjes in die Tour de France terwyl Steve Cummings vir Louis wys hoe om agter in die bunch te sit. Jennie Stenerhag se naam word genoem as ’n favourite om ’n race te wen (en toe wen sy seker nie). Die eerste geval van ’n enjin versteek in ’n fiets by ’n groot stage race in SuidAfrika (ok een wat gevang word, ons weet daar was al ’n Kapenaar wat jare terug met een gepodium het). Die Argus vind plaas maar almal maak ’n U-turn as hulle aan die onderpunt van Chappies kom weens oproer en moet selle pad terugry. Wentyd net onder 5 ure. Die wenner is toe ’n ou wat net gesterf het en sy fiets omdraai. Fietsry Suid-Afrika stel vir KPMG aan as ouditeure en die ligte gaan weer aan. Shopping Malls loop leeg en die Malls begin convert na binnenshuise fietsry- bane. ’n 100km baanwedren vind binne in Tygervallei se food emporium plaas met een van die Chris Willemse’s wat ’n comeback maak. Die mense wat my geblok het op twitter join vir Fikile Mbalula en ontblok my net om my die volgende dag weer te blok. Louis Meintjes raak die eerste ryer in die geskiedenis wat drie jaar na mekaar agste in die Tour de France eindig. Ariane Kleinhans maak ’n serious comeback met Belgiese hulp en ry weer soos ’n paar jaar terug. Max Knox ry ’n podium los by die Marathon Worlds net om gevang te word dat hy te veel bier by die afterparty drink. Die Hub hou ‘n kompetisie om te kyk wie weet die meeste van fietsry maar niemand kom deur die kwalifiserende rondte nie. Giniel de Villiers puncture in die Dakar maar finish op ‘n Specialized fatbike. Hy word egter gediskwalifiseer omdat hulle nie ’n enjin in sy fiets kon kry nie. Die eerste Tour de France-wenner in 1903 Maurice Garin se dope toets kom terug as positief en hulle soek nou die tweede ou om hom die wenner te maak. Die UCI bring ’n nuwe reël uit dat jy nie mag race as daar modder, wind, warm of koue temperature is nie. Fietsry Suid-Afrika stuur ’n faks om hulle in te lig dat ons al ’n paar jaar daai reël het. Edvald Boassen Hagen gee vir Reinardt Janse van Rensburg ’n lead out in ’n Tour de France skof en die span besef skielik Reinie is eintlik vinniger. Weens die waterkrisis in die Kaap word daar net wyn bedien by waterpunte. Die sportwetenskaplikes begin hul ryers oefen om wynfiks te wees. Die Matie-ryers wen
alles na hul afrigting alles in De Akker plaasvind. Squirt se produktereeks brei verder uit maar dit raak
gevaarlik in die donkerte voor ’n race start. ’n Bekende ryer sit olie op sy boude en salf op sy ketting. Fietsry-SA se kommissaris diskwalifiseer ’n ryer want hy ry met ’n waatlemoensokkie aan een en ’n appelsokkie aan die ander voet. Nuwe sokkiereëls word uitgebring. ’n Ryer toets positief vir verbode middels en hy beken dat hy drugs gevat het (ok dit is bietjie verregaande). SARS gee ’n tax rebate as jy met jou duur fiets werk toe ry, fietsverkope gaan deur die dak en daar is geen karre op die paaie. Taxis begin mense vervoer met baie lang stewige Taxdems, ’n kombinasie tussen ‘n taxi en ‘n tandem. In spitsverkeer klink dit soos die Argus soos mense skreeu “hold your line”. Dit word later gestop na ’n drie-ryer taxdem naby Beaufort-Wes met 10 ryers in plaas van drie ryers op gevang word. Plaaslike ryers besef skielik dat langer en verder races nie beter bragging rights gee nie. Organiseerders sukkel om ryers uit die Wimpy buite Bloemfontein te kry en deel later maar met die T-shirts uit. Ek wen toe skielik ’n race binne in ’n plaaslike koffiewinkel. Die World Cup op Stellenbosch is ’n helse sukses na hulle my vra om te kom kommintate. Ek maak elke maand Full Suss se (eerste) deadline om ’n beriggie in te stuur want my “writers block”-verskonings raak nou afgewater.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*