Hoe om fiks te bly gedurende die winter

DIE GROOT LEM werk al verskeie jare aan planne om homself gedurende die koue Kaapse winters fiks en gesond te hou. Lees meer oor sy nuutste idee wat hom top-fiks by Lesotho Sky sal uitkry.

Laas jaar het ek geskryf dat die winter nie gemaak is vir fietsry nie, maar toe kom die somer (soos elke jaar in die geskiedenis) en ek is weereens nie fiks genoeg om by my vrou te hou, of om ’n steil klim gemaklik uit te ry nie. (Ek isnog nie op ’n e-bike nie). Soos die vorige 10 jaar belowe ek myself toe dis die laaste keer (klink seker bekend). So hierdie winter besluit ek toe op ’n nuwe taktie kom te probeer fiks bly en die storie van agter ry tot volgende jaar se podiums gaan soos volg … Eerstens val my buurvrou, of soos ek haar noem, biervrou want ’n bier-company borg haar, baie hard en sy mag vir meer as twee maande nie fiets ry nie, so toe sy nou weer mag begin ry, was dit eers net vir 45-minute, toe ’n uur op ’n slag, en dit pas my toe soos ’n handskoen.

Ek kon selfs my biervrou Jennie Stenerhag teen die bulte drop wat my ongelooflike selfversekering gee. Dalk kan ek nou volgende jaar se vroue-Epic wen. Tweedens maak ek seker dat ons (ek en my Hollandse helfte) inskryf vir ’n event NA die winter wat my gaan laat panic en onder serious pressure sit om te begin fiets ry gedurende die winter (of “oefen” soos die afrigters dit noem). So ons gaan einde September terug
na een van die hardste en mees amazing stage races wat ek nog gedoen het, die Lesotho Sky. Dit vind obviously in Lesotho plaas. Wat die ryery daar hard maak is dat al die klippe wat uit Suid-Afrika se gladde single tracks verwyder word, in Lesotho op hul paaie gedump word. Of so voel dit. Daar is obviously ook baie berge wat dit vir ’n effense overweight MIF (Man In Fietsryklere) baie hard maak.

Die tweede deel van my taktiek was toe om die bankbestuurder te convince dat ons nou op ’n “training camp”, weg van die Kaapse winterreën, moet gaan. So terwyl jy nou hierdie kolom lees en dit te koud
en nat buite is om fiets te ry, sit ek op ’n gehuurde fiets iewers langs die Portugese of Spaanse kus. Of as jy die storie in die aand lees, sit ek met ’n bottel Portugese rooiwyn na ’n dag van TITS (time in the saddle).
Jip, terwyl ek hier sit en tik is ons amper op pad om na Lissabon toe te vlieg, waar ons fietse huur, bagasie op die fietse gaan laai, en trap van daar na Santiago de Compostela in Spanje. Dis ‘n langer weergawe van
een van die Camino-roetes wat die Suid-Afrikaanse vroue-book club-lede gereeld stap as hul mans te veel
by die werk is.

Die sogenaamde Portugese Camino begin gewoonlik verder Noord in Porto, maar omdat fietse gewoonlik vinniger as tekkies is, ry ons vanaf Lissabon sowat 600 km al langs die kus. Ek het nou begin windrigtings Google en besef dat ons 600km TEEN die wind gaan ry. Daar was dus last minute idees van my om die roete verkeerd om te ry, maar het toe besluit ek gaan power training teen die wind doen. Dit sal alles help dat ek superfiks (in my drome) by Lesotho Sky aankom. Ons trippie van so twee weke eindig hier by die
middel van Junie so ek moet nog dink aan ’n plan vir die res van die Kaapse winter. Dit help seker nie ek doen die Camino base training en stop dan tot September nie …

So ek sal dalk ’n paar cross countries gaan doen (my tipe cross country waaroor ek laas keer geskryf het).
Die Karoo se gruispaaie, die Tuinroete met ’n Oesterfees ingewerk, dalk ’n bietjie gaan ry tussen
Namakwaland se blomme-opsies, geeneen van dieopsies is te ver van die hopelik nat Kaap en Stellenbosch
nie. So as julle my volgende somer nie meer aan die agterkant van die local fietsry-bondels sien nie, moet
julle weet dis weens my fyn uitgewerkte planne van die winter. Ek moet net seker maak ek “peak” nie te gou
nie, die Olympics is eers in 2020, en ek wil nie my land in die steek laat nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*