Madsie, Ons is Trots op Jou

Estelle Pickard is so stoked on riding, she is on a mission to convert every lady she can into a mountain biker – and so it was with her accountant mate Madelein Schreuder.

When people hear the term chartered accountant, they immediately think “grey suit”. Madelein is a bit of an anomaly. A little over a month ago Madelein mentioned to me that she wouldn’t mind getting a mountain bike. Over Easter, I found her a second-hand bike online and sent her the link. Two days later she sent me a selfie captioned: “Taking my new beastie boy for a lunchtime spin!” In that same week, she asked me whether I think she’ll be able to do the Houw Hoek Tour. I wasn’t quite sure, but firmly believing in throwing people in the deep end, I convinced her it’s the perfect ride for her. So we entered and Madelein booked herself a skills session. The night before the race I asked her how she felt, her eyes lit up and a little curl to the side of her face started jumping, she exclaimed, “Excited, I’m ready!”

I absolutely loved the ride, and like a friend of mine said, “If the last few kilometres of day two don’t get you high, I can’t help you.” But more importantly, let’s hear Madelein’s account of the event…

DD two

EP: Wat was jou verwagtinge van die Houwhoek Toer?

MS: Die 50km per dag was nie vir my scary nie, want ek ry dit maklik op die pad, maar toe vind ek uit 50km op die pad is nie 50km in die berge nie! Ek was aangenaam verras met die mense se vrygewigheid en goedgunstigheid. Ek het daar weggery met ‘n gevoel dat hierdie ‘n gemeenskap is met wie ek myself wil vereenselwig. it restored my faith in humanity.

EP: Wat was vir jou die hoogtepunt?

MS: Die Pofadder! Ek was vrek bang! Waar ons almal op die enkelspoor staan en wag om oor die brug te gaan, het ek die vrouens hoor giggel en gil. Toe ek nader kom, het ek ’n stadige beweging gesien en cleats hoor tip-tip op die bruggie, maar ek het geweet as ek commit gaan ek dit kan doen. Commit, konsentreer, kyk op en fokus op waarheen jy gaan… en toe doen ek dit!

EP: Wat was vir jou die laagtepunt?

MS: Ek het gedink dit is toe my band pap raak op dag een. Ek het nie ’n spaar tube saamgedra nie, maar dit het binne ’n minuut heeltemal omgedraai in die mooiste ervaring toe daar mens na mens vra of ek okay is en afklim, help en tubes aanbied – fantasties!

EP: Wat was vir jou die mees uitdagende deel van die Houwhoek Toer?

MS: Dag 2 het ’n paar uitdagings opgelewer. My bene, en veral my boude, was ’n bietjie moeg en ek kon voel dat my konsentrasie ook nie meer 100% was nie – veral in die opdraande switchbacks op Wildekrans. Op 25km was die eerste waterpunt en ek was ewig dankbaar daarvoor. Ek is een van daai healthy overfuelers en het gedink as ek net by die waterpunt kom dan gaan ek okay wees. Daar gekom het ek lekker weggepak aan die toebroodjies, aartappels en Coke – eerste pouse! Nie eens 3km verder nie het ek besef ek is nou flou. Toe stop ek maar, eet nog ietsie uit my doedelsak uit en maak geselsies met die mense wat verbykom.

Sjoe, en die Gorge! Gelukkig was Braam daar saam met my. Braam wat die vorige dag my pap wiel reggemaak het, my ge-coach het oor hoe om deur die Pofadder te ry en my verskeie kere op die pad raakgeloop het en gevra het of ek okay is. Hy het my veiliger laat voel, hy was soos ’n beskermengel op die pad. Maar die brein is ’n misleier van formaat, die gorge is scary!

EP: Op watter stadium van die Houwhoek Toer het jy veral trots gevoel op jouself?

MS: Sjoe, die hele tyd! As ek ’n switchback doen en nie val nie, as ek braaf genoeg is om ’n steil afdraand te ry en nie af klim nie en veral as ek by plekke kom waar ek die enigste vrou in die groep is wat tegniese dele op my ysterperd aandurf. Op een plek het ons oor ’n klomp brûe agtermekaar gery. Aan die anderkant staan daar ’n man en vrou. Die vrou huil snot en trane en sê vir hom sy kan nie oor die brûe ry nie, sy is te bang. Ek het ʼn gevoel gekry dis nie nou my plek nie, maar ek wou so graag vir haar sê hoe trots sy op haarself behoort te wees. Meeste vroue in hulle 30’s (dis so oud ek haar geskat het) sit iewers in ’n salon waar hulle hulle naels verf, loop in winkelsentrums rond “racking up more debt”, sit voor die TV en lewe vicariously deur die TV-karakters, maar nie sy nie; sy is op haar fiets in die asemrowende natuur besig om haar vrede in die gesig te staar en te lewe! Toe ek klaar vir haar die pep talk in my kop gegee het grynslag ek vir myself en dink ‘Well done Madsie, same applies to you!’

There's always time for a trail side selfie.
There’s always time for a trail side selfie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*