Pedal Met’n Smile in 2019

Hendrik Lemmer gesels hierdie keer oor die pret wat ons dadelik moet terugkry in fietsry!

Tet ’n nuwe jaar wat teen vol spoed begin het, sien ek almal hardloop weer flat-out rond om alles in hul dag ingepas te kry, tussen die gejagery van die lewe gaan ry van ons darem ’n ent fiets, daai tydjie wat jy wegkom van alles en ’n groot glimlag op jou bakkies behoort te hê, maar soms ook met suur gesigte. Of gesigte wat lyk asof die lekkerte van fietsry en die goeie gesondheid wat daarmee saamgaan, nie waardeer word nie. Of gesigte wat lyk asof iets die mense jaag terwyl hulle die supposed to be lekker fietsry-ding doen. En dis aan die arme siele wat nie meer smile op hulle fietse nie wat ek vandag se skrywe rig.

Ok, ek gaan nie praat van die eerste keer wat jy fiets gery of mountain bike gaan ry het nie, gewoonlik is die
eerste keer van alles overrated en jy weet nie lekker hoe werk die storie nie. Dink maar aan jou eerste keer met drank, sigarette, skooldag, vry, op ’n fiets ry, motor bestuur, getroud … ok los liewer daai een. Die tweede keer is gewoonlik lekkerder of beter of jy val nie rond nie. So my punt is, dink aan die tweede keer wat jy lekker in die berg of natuur gaan fietsry het. En of jy ’n smile op jou bakkies gehad het. Ek hoe opgewonde jy was toe jy vol stof of modder by die huis gekom het.

En dan wil ek hê jy moet gaan dink aan die vorige keer wat jy intervalle volgens jou streng oefenprogram gaan doen het, of toe jy daai Strava gejaag en gemis het, toe jy voel jy MOET gaan ry terwyl jy eintlik wou laat slaap en dan met die hond of jou kind ’n ent gaan loop het. Toe jy volgens jou nie in die regte start batch by ’n race, wat jy in elk geval nooit kon wen nie, was. Of dat jy nou dit net nie meer geniet nie.

So in 2019 is my uitdaging aan julle, ek het dit al ’n paar jaar terug begin, om die LEKKER terug te sit in fietsry. Ek gee actually nie om of jy eerste of tweede of laaste kom nie, dit geld vir almal. Los die heart rate
monitor en streng oefenprogram, behalwe as jy die Epic of Olympics probeer wen (as jy Afrikaans kan lees, gaan jy in elk geval nie daai goed wen nie), deactivate Strava, gaan soek en ry nuwe roetes, ry roetes verkeerd om as jy mag, gaan ry met jou life partner, ouers of kinders wat gewoonlik te stadig vir jou is, spandeer tyd op die fiets of langs die fiets met jou belangrike mense. Bel ’n ou pel wat jy jare laas gesien het en in plaas van ’n koffie- of bier-date, maak ’n fietsry-date. As die mense op gholfbane kan gesels en deals maak kan ons seker oor ’n koffie na ’n lekker ry dieselfde doen.

Ek sien gans te veel mense op oefenprogramme met intervalle en goed wat stadiger as ek ry, en dis baie
stadig. Jy kan maar netsowel my basiese oefenprogram volg. Ry rustig, baie rustig as jy moegerig voel; ry hard tot baie harder met ’n bier na die tyd as jy die dag goed voel. Eet en slaap genoeg.

My vrou en ek is bevoorreg, ons ry so drie oggende voor (haar) werk by ons deur uit en na vyf tot 10 minute se ry deur ons woonbuurt het ons ’n keuse. Draai links vir die G-Spot en Coetzenburg se World Cup tracks, of draai regs vir Mont Marie en Eden se single tracks. Dis heel toevallig waar ek presies 30 jaar gelede ook my eerste of tweede cross country race van my lewe gedoen het. So ek ry nou heelwat stadiger daar rond met ’n smile op my gesig en dink terug aan my vinniger dae en hoe ons rondgeval het met die nuwe sport wat die wêreld getref het. Soms stop ek en kyk na Dylan Lewis se sculpture garden, of na my dorp Stellenbosch onder my, met Tafelberg in die verte. Wanneer laas het jy gestop halfpad in ’n ride en
gekyk na die eerste blom na die berg gebrand het, of die kleur van die berge in die oggendlig?

As jy jou bergfietsry-performance wil verbeter gaan doen ’n skills course eerder as ’n streng oefenprogram – jy gaan jou ryery meer geniet en dit gaan meer help. Of gaan draf ’n bietjie en verloor ’n kilo of twee, eerder as wat jy ’n overdraft vat op ’n nuwe fiets met groter wiele. Gaan ry op ’n nuwe plek fiets, gaan doen jou eie toer. Laas jaar het ons twee sulke nuwe goed gedoen. Een was teen die kus van Portugal vir twee weke teen minder as die prys van ’n groot stage race entry, ander was ’n weeklange toer in die Cederberg
met al ons bagasie op die fietse gelaai. Ons eie stage race op ons eie tyd met wie ons wil. En die beste van alles, daai aand na ’n bottel wyn finish jy steeds op die podium. Jou eie podium, want jy maak die reëls. Met ’n groot smile.

Cheers op ’n great 2019!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*