Koning van die Cederberg

Selfs na drie dae van resies jaag en kampterreinpret, moet die ry na die Cederberg vir die Isuzu Ride the Rock nog steeds beskou word as Erik Kleinhans se persoonlike hoogtepunt van die naweek.

Saam met my in ons RE:CM-bus was  Specialized se video-bemanning, JB en Etienne, ’n Switserse klimmer, Konny Looser ’n  nuwe spanryer van Specialized  en Tsjeggiese fietsrylegende, Frantisek Rabon. In teenstelling met die ander, was dit Franti se eerste toer diep in die Afrika-wildernis in, en die Cederberg is so afgesonder soos jy  kan kry.

Die pragtige Sanddrift kampplek. Onder: Lekker rustig op die Ride the Rock wegspring streep.
Die pragtige Sanddrift kampplek. Onder: Lekker rustig op die Ride the Rock wegspring streep.

“Geen selfoon-ontvangs?” Dit was die eerste moeilike ding waaraan Franti moes gewoond raak en terwyl hy vinnig-vinnig sy laaste boodskappe vir sy vrou en jong dogtertjie stuur, begin ons die 40 kilometer lange grondpad diep in die hart van die berge in. Ek is nog nie seker of dit ‘n bietjie vrees in sy oë of ‘n vonkel van opgewondenheid was nie, maar ek dink hy was baie gelukkig om op vaste grond te staan by ons bestemming in Sandrif!

Die Isuzu Ride the Rock is in sy derde bestaansjaar  en volgens my beslis een van die mees klipperige, sanderige en uitdagende skofwedrenne op die Suid-Afrikaanse bergfietskalender. Maar roetebeplanner, Hendrico Burger maak seker van ’n  goeie balans sodat die ryers steeds ’n  luilekker middag met Cederberg-wyn in die hand kan ervaar terwyl die topryers nog ’n  draai gaan ry vir Cape Epic-voorbereiding. Hoekom kom ons hier resies jaag? Vir iets anders natuurlik! Die wedren het ‘n paar ernstig uitdagende afdraandes, miljoene klippe wat jou volle konsentrasie te alle tye verg, so af en toe ’n  sanderige kol en die mees ongelooflike sonsondergange en rotsformasies.

2

Die kampterrein by Sandrif is idillies, met groot bome wat die tente teen die warm son beskerm, ’n  koel rivier perfek vir die herstel van moeë bene en natuurlik ook die ongelooflike berge wat jou omring.

Elk van die drie skofte het sy eie unieke uitdaging wat die resies baie interessant maak. Op dag een is dit die maak-of-breek skof wat normaalweg ook die algehele wenner bepaal met ’n  redelike harde 80 kilometer tot by Wuppertal en terug. Die afdraand na Wuppertal is heel moontlik die mees klipperigste 4 kilometer wat jy in enige wedren in Suid-Afrika sal ervaar. Die uitdaging vir die dag is om daar af te kom sonder om te stap, ’n  pap wiel te kry of te val..Maar natuurlik het elke afdraande ook ’n  opdraande! En die steil klim uit die vallei uit kry die bene darem ook bietjie aan die brand.

3

Op dag twee is enkelspoor koning! Die watervalpaadjie wat vroeg in die skof sy verskyning maak is die grootste trekpleister wat die adrenalien sommer vinnig opjaag! Dit eindig wel nie daar nie en die skof het nog vele ander enkelspoorpaadjies versprei regoor die 60 kilometer.

Die Isuzu Koning van die berge by Matjiesfontein laat jou sweet op dag drie, maar elke ryer word hartlik beloon met die beste enkelspoor van die naweek wat jou ’n  goeie 10 minute besig hou om weer  van die berg af te kom. Die 50 kilometer gaan redelik vinnig verby voor almal vir oulaas stories en middagete saam geniet.

Wedrenne in die Cederberge het ’n  lang geskiedenis. Ek het my eerste  bergfiets-skofresies ooit hier in 2007 gewen, so om weer algeheel te wen voel verseker goed! Wel gedaan aan Adriaan Louw en Dan Hugo met tweede en derde plekke algeheel, asook Konny Looser en Frantisek Rabon met hul skofseges. In die vroueresies het Hanlie Booyens algeheel gewen met Vera Adrian en Flora Duffy saam met haar op die podium.

Erik Kleinhans

Die Isuzu Ride the Rock is een van vele wedrenne aangebied deur Stillwater Sport & Entertainment en met hul stempel op ’n  wedren afgedruk kan jy maar glo en vertrou daar sal ’n  goeie standaard gehandhaaf word! Die kamp is goed uitgelê, die roetes is goed gemerk en die atmosfeer is rustig sonder enige selfoongeluide wat die kalmte versteur! Nè, Frantisek?

RE:CM’s se Erik Kleinhans is een van Suid-Afrika se gewildste bergfiets-jaers. Hy het sy vrou, Switserse marathon kampioen: Ariane, diep in the Kammanassieberge op die 2010 Cape Pioneer Trek ontmoet. Die jaar ry hy in die Epic vir die Specialized-span saam met Nico Bell. Volg hom op Twitter by @kleinhansmuesli of besoek sy webwerf www.kleinhansmuesli.com.

Erik Kleinhans
Erik Kleinhans

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*