Renosters Trek Weer Saam

Elke jaar sodra lente aanbreek, kom ’n  groot groep “renosters” in die Weskus bymekaar en dan word daar op hulle bergfietse gejaag tot in die Kaap skryf Maritza Terblanche.

Die Ride the Rhino is nie net nog ’n skoftewedren nie, maar ’n  geselligheidsgeleentheid vir elke tipe fietsryer, van sosiaal tot professioneel. Dit is verseker enig van sy soort en dié drie-dag multi-byeenkoms bied jou van die rofste en mooiste areas vir fietsry in die Weskaap.

Die wedren begin by die Langebaan Country Estate en die eerste uitdaging van die dag was die “early bird challenge” om jou wakker te maak. Elke ryer het ’n  gholfbal ontvang met ’n  nommer, waarna ons dan verby ’n  gholfbaan moes ry en die bal ’n  afstand ver gooi. Die persoon wie se bal die naaste aan die gat lê, het dus ’n  prys ontvang. Daarna was ons die voorreg gegee om deur die Weskus Nasionale Park te ry, met al sy lenteblomme wat begin kop uitsteek het. Nog ’n  Weskusverrassing het opgekom toe ons na Yzerfontein se strand geneem is. Daarna was die waterpunt by iKwaThu in sig, wat ook bekend is vir sy San kultuur. Die organiseerders het verseker gesorg vir genoeg vermaak op die roete die jaar. Vir die minder ernstige deelnemers was daar orals op die roete geleenthede om wyn te proe, asook ’n  olyfpit-spoegkompitisie. Me tal die opwinding was 80,7km in ’n  japtrap afgehandel.

Chris Hitchcock/Photosport
Chris Hitchcock/Photosport

Dag twee was in en om Darling gehou met nog meer watertand-wynproestasies om jou genoeg krag te gee vir die Dassenberg Donder, wat ook die hoogste klim van die wedren was. Met amper 3000m se klim agter die rug was al die bene daai aand seer en die kamp doodstil, maar ’n  heerlike steak en een gratis wyn op die tafels het verseker opgemaak vir die pyn van dag twee.

Die laaste dag het aangebreek en almal sien uit om hul geliefdes by die Hillcrest Quarry in Durbanville te ontmoet. Elke ryer het ’n  spesiale en unieke renoster fietsryhemp ontvang, wat die laaste dag gedra moes word. Dit het die uitdaging om jou spanmaat te soek nogals interessant gemaak. Ons was die laaste dag bederf om deur pragtige areas naamlik Botterberg, Philadelphia en Havanna Hills Wynlandgoed te ry. Met 10km om te gaan het Hooggekraal seker gemaak  hy tap nog die laaste bietjie energie uit voor jy by die eindpunt die Tip Trans dryfbrug moes oorsteek.

Die Ride the Rhino is ’n  byeenkoms wat jy kan ry en nie noodwendig hoef te jaag nie. Hulle bied ook korter afstande aan, asook ’n afdeling vir skoolkinders.

Bio Pic - Maritza is on the leftBio:

Maritza Terblanche is ’n soigneur vir ’n pad resies span. Sy doen alles vir hulle, van massering tot kos voorbereiding, so ’n MTB wedrenne is amper ’n vakansie vir haar. Sy het al die Cape Epic, Joberg2C, Desert Dash en vele meer gedoen, maar daar is nog baie op haar lysie.

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*